Hoe dankbaar was ek nie, om jou in my arms vas te hou. Dank die Heer vir jou U, weet, o Heer ,hoe lank ons gewag het vir `n kindjie so klein en teer. Kindjie,jy is `n geskenkie van die Heer, En word vir ons geleen. Kindjie jy met die rooi wangetjies, Ogies wat skitter soos sterretjies. Jy sal altyd `n sterretjie wees vir ons As jy jou armpies om my vou, Weet ons hoe lief jy vir ons is. kleine kindjie ons het jou lief gekry Want jy is deel van mamma en my As die trane rol en jy se jou hartjie is seer Weet dan , ons is daar, om die hartseer wag te neem As jy struikel op jou lewenspad Weet dan, ons is daar, om jou op te help. Kindjie jy bly deel van mamma en my, Al is jy groot of klein Ons is lief vir jou omdat jy is, soos jy is
Reason for writing:
Because me and my wife thought we will never have children and the day my firtsborn came into the live i wanted my children to know how much i love them for now and for ever.Birth sign: Not entered
You need to log in to edit this poem if it is yours.
View more poems by Gerrit.